NEWTON TECHNICAL HIGH SCHOOL SPORTS
ATHLETICS
Die jaarlikse interhuisbyeenkoms is vanjaar goed bygewoon ten spyte van sterk voorspellings van reën.
Tristan Blommestyn behaal 29m in die S14 diskus en 14m in S14 gewigstoot – verseker talent wat ontgin moet word. Jannick Messiah het ook oortuigend gewen in die S15 100m.
Die hoogtepunt van die dag was die matriek- en gr.11-rasieleiers wat goed voorbereid was en ‘n goeie stukkie vermaak aangebied het. Ons kan regtig hierop voortbou in 2020.
Graag word melding gemaak van mnre. D. Kapp, J.P. Schuin, F. Nel; mevv. J, Kapp, J. Coltman en me. A. Bezuidenhout wat uit hul pad gegaan het om te help met atletiekreëlings.